| Vers nr. | Vers | Voetnota |
|---|---|---|
| 1 | Hulle het my van jongs af swaar verdruk, dit moet Israel sê, | |
| 2 | hulle het my van jongs af swaar verdruk, maar hulle kon my nie onderkry nie. | |
| 3 | Hulle het van my rug 'n ploegland gemaak en daar lang vore op getrek. | |
| 4 | Die Here is regverdig, Hy het die bande losgesny waarmee die goddeloses my gebind het. | |
| 5 | Mag almal wat vir Sion haat, self tot niet gaan, | |
| 6 | mag hulle wees soos gras op 'n dak: dit verdroog nog voor dit behoorlik uitgespruit het | |
| 7 | en daar is niks om af te sny en in bondels weg te dra nie. | |
| 8 | Niemand wat daar verbygaan, sal die groet: "Die Here het julle geseën, ons seën julle in die Naam van die Here," kan uitspreek nie. |
Ontwikkel deur