Vers nr. | Vers | Voetnota |
---|---|---|
1 | KOM en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind. | Deut. 32:39. |
2 | Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe. | Ps. 71:20. |
3 | En laat ons ken — laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei. | Jes. 54:13. Miga 5:2. Deut. 11:14. Mal. 4:2; Lk. 1:78. |
4 | Wat sal Ek met jou doen, o Efraim; wat sal Ek met jou doen, o Juda? aangesien julle liefde is soos ’n môrewolk en soos ’n dou wat vroeg weer verdwyn. | Hos. 11:8. Hos. 13:3. |
5 | Daarom het Ek hulle neergekap deur die profete, hulle gedood deur die woorde van my mond, en die oordele oor jou kom te voorskyn soos ’n ligstraal. | |
6 | Want Ek het ’n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers. | I Sam. 15:22; Mt. 9:13. |
7 | Maar hulle het soos Adam die verbond oortree, daar het hulle troueloos teen My gehandel. | Hos. 6:7. |
8 | Gílead is ’n stad van kwaaddoeners, vol bloedspore. | Hos. 12:11. |
9 | En soos ’n rower op die loer lê, loer ’n priesterbende; hulle pleeg moord op die pad na Sigem, ja, hulle het skandelike dade gedoen. | Hos. 7:1. Jer. 11:9; Hos. 5:1,2. |
10 | In die huis van Israel het Ek ’n afskuwelike ding gesien: Efraim het daar tot hoerery verval, Israel is verontreinig. | Jer. 5:30. Hos. 5:3. |
11 | Ook vir jou, o Juda, is daar ’n oes beskik as Ek die lot van my volk verander. |