| Vers nr. | Vers | Voetnota |
|---|---|---|
| 1 | Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid. | |
| 2 | Dit gaan goed met die mens wat omsien na die swakke. Die Here sal hom red op die dag van nood, | |
| 3 | die Here sal hom beskerm en in die lewe hou; die hele land sal praat oor hoe goed dit met hom gaan. U sal hom nie uitlewer aan die wraaksug van sy vyande nie. | |
| 4 | Die Here sal hom bystaan in sy siekte. As hy siek is, sal U hom genees. | |
| 5 | Ek het gesê: “Wees my genadig, Here! Maak my tog gesond; ek het teen U gesondig.” | |
| 6 | My vyande wens my net die ergste toe: “Wanneer gaan hy dood en verdwyn sy naam?” | |
| 7 | As iemand na my kom kyk, dink hy dis klaar met my. Hy kom kyk hoe sleg dit gaan en gaan vertel dit buite rond. | |
| 8 | Almal wat my haat, staan en fluister oor my, hulle wens my net die ergste toe: | |
| 9 | dis 'n dodelike siekte wat hom getref het, waar hy nou daar lê, sal hy nie weer opstaan nie! | |
| 10 | Selfs my boesemvriend op wie ek vertrou het, wat altyd by my geëet het, het my in die rug gesteek. | |
| 11 | Wees U my genadig, Here, en laat my hier opstaan, dat ek aan hulle kan doen wat hulle aan my gedoen het. | |
| 12 | Dit weet ek: U het my lief, my vyand sal nie oor my triomfeer nie. | |
| 13 | Ek is onskuldig, U hou my vas en laat my altyd by U bly. | |
| 14 | Aan die Here, die God van Israel, kom die lof toe tot in die allerverste toekoms. Amen, ja, amen. |
Ontwikkel deur