Skip to : [Content] [Navigation]

Kopiereg van die Bybelteks - © Bybelgenootskap van Suid Afrika

Vers nr. Vers Voetnota
1

Uit die dieptes roep ek na U, Here,

2

luister tog na my, Here, hoor tog my hulpgeroep.

3

As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here, wie sou dan nog bestaan?

4

Maar by U ís daar vergifnis: daarom word U steeds gedien.

5

Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord.

6

Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre.

7

Wag op die Here, Israel, want by die Here is daar troue liefde, by Hom is die verlossing seker.

8

Hy alleen sal Israel verlos van al sy sondes.