| Vers nr. | Vers | Voetnota |
|---|---|---|
| 1 | "Op die eerste van die sewende maand moet daar vir julle 'n gewyde byeenkoms wees; dan mag julle geen gewone werk doen nie. Dit is 'n dag vol feesvreugde vir julle. | |
| 2 | Julle moet as brandoffer, wat deur die Here aanvaar word, 'n jong bul, 'n ram en sewe jaaroud lammers bring, almal sonder liggaamsgebrek. | |
| 3 | Saam met die bul moet julle 'n graanoffer bring van vyf kilogram meel gemeng met olie, saam met die ram drie kilogram, | |
| 4 | en saam met elk van die sewe lammers een en 'n half kilogram. | |
| 5 | Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring om vir julle versoening te doen. | |
| 6 | Julle moet hierdie offers bring afgesien van die maandelikse en die gereelde brandoffer met die graanoffer en die drankoffers daarby. Dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word." | |
| 7 | "Op die tiende van die sewende maand moet daar vir julle 'n gewyde byeenkoms wees; dan moet julle julle verootmoedig en mag julle geen werk doen nie. | |
| 8 | Julle moet as 'n brandoffer wat deur die Here aanvaar word, 'n jong bul, 'n ram en sewe jaaroud lammers bring, almal sonder liggaamsgebrek. | |
| 9 | Saam met die bul moet julle 'n graanoffer bring van vyf kilogram meel gemeng met olie, saam met die ram drie kilogram, | |
| 10 | en saam met elk van die sewe lammers een en 'n half kilogram. | |
| 11 | Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die sondeoffer vir julle versoening en die gereelde brandoffer met die graanoffer en die drankoffers daarby." | |
| 12 | "Op die vyftiende van die sewende maand moet daar vir julle 'n gewyde byeenkoms wees; dan mag julle geen gewone werk doen nie. Sewe dae lank moet julle die huttefees vier tot eer van die Here. | |
| 13 | Julle moet as brandoffer, as vuuroffer wat deur die Here aanvaar word, dertien jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers bring, almal sonder liggaamsgebrek. | |
| 14 | Saam met elk van die dertien bulle moet julle 'n graanoffer bring van vyf kilogram meel gemeng met olie, saam met elk van die twee ramme drie kilogram, | |
| 15 | en saam met elk van die veertien lammers een en 'n half kilogram. | |
| 16 | Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby. | |
| 17 | "Op die tweede dag van die fees moet julle twaalf jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek, | |
| 18 | en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is. | |
| 19 | Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graanoffer en die drankoffers daarby. | |
| 20 | "Op die derde dag moet julle elf bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek, | |
| 21 | en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is. | |
| 22 | Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring, afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby. | |
| 23 | "Op die vierde dag moet julle tien bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek, | |
| 24 | en daarmee saam die hoeveelheid graan-en drankoffers soos dit bepaal is. | |
| 25 | Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby. | |
| 26 | "Op die vyfde dag moet julle nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek, | |
| 27 | en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is. | |
| 28 | Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby. | |
| 29 | "Op die sesde dag moet julle ag bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek, | |
| 30 | en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is. | |
| 31 | Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graanoffer en die drankoffers daarby. | |
| 32 | "Op die sewende dag moet julle sewe bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek, | |
| 33 | en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is. | |
| 34 | Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby. | |
| 35 | "Die agste dag moet julle ook as 'n feesdag deurbring; dan mag julle geen gewone werk doen nie. | |
| 36 | Julle moet as brandoffer wat deur die Here aanvaar word, 'n bul, 'n ram en sewe jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek, | |
| 37 | en daarmee saam die hoeveelheid graan-en drankoffers soos dit bepaal is. | |
| 38 | Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby. | |
| 39 | "Dit is dan die brandoffers, die graanoffers, die drankoffers en die maaltydoffers wat julle in julle feestye vir die Here moet bring, julle gelofteoffers en vrywillige offers." | |
| 40 | Dit alles het Moses vir die Israeliete gesê soos die Here hom dit beveel het. |
Ontwikkel deur