Skip to : [Content] [Navigation]

Kopiereg van die Bybelteks - © Bybelgenootskap van Suid Afrika

Vers nr. Vers Voetnota
1

'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.

2

Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is.

3

Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.

4

Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.

5

U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my te√ęstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.

6

U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.