|
Afrikaans is die huistaal van 5 983 426 Suid-Afrikaners. Meeste van hierdie mense woon in die en in die Wes-Kaap en Gauteng.
C P Hoogenhout, A Pannevis en S J du Toit is van die eerste vertalers van gedeeltes van die Bybel in Afrikaans.
Belangrike datums in die geskiedenis van die Bybel in Afrikaans:
| 1878 |
Eerste Bybelboek wat vertaal is - Evangelie volgens Markus Hierdie vertaling is nooit gepubliseer nie, maar die manuskrip is in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika, Kaapstad. Vertaal deur C P Hoogenhout |
| 1933 |
Eerste Bybel Londen: Britse en Buitelandse Bybelgenootskap Vertaal deur prof J D du Toit, prof E E van Rooyen, prof J D Kestell, dr H C M Fourie en prof B B Keet. |
| 1983 |
Volgende vertaling van die Bybel Kaapstad: Bygelgenootskap van Suid-Afrika Die eindredaksie van hierdie vertaling was proff E P Groenewald, J P Oberholzer, A H van Zyl, P A Verhoef, J L Helberg en W Kempen. |
| 2008 |
Eerste Bybel vir Dowes Bellville: Bybelgenootskap van Suid-Afrika Hierdie Afrikaanse Bybel is die eerste Bybel in Suid-Afrika wat spesiaal vir Dowes vertaal is, en slegs die tweede Bybel in die wêreld spesiaal vir hierdie groep. Die redaksionele komitee was proff Bart Oberholzer, Bernard Combrink, Hermie van Zyl, Francois Tolmie, Christo van der Merwe, dr Rocco Hough en me Elmine Roux. |
|